Google Search

GTranslate

English Danish Dutch Finnish French German Italian Polish Portuguese Russian Spanish Hebrew
Ons Volk Ons Land
Home PDF Print E-mail
Written by WJ vd Merwe   
Tuesday, 03 August 2010 14:34

 

Ons werk tans aan hierdie blad en vra dat u sal geduldig wees.

Ons sal binnekort weer aktief wees en daar sal tonne inligting beskikbaar wees. Baie dankie.

EEN DRAGT MAAKT MAGT [Webblad Ons Volk, Ons Land]

Hierdie blad is geïnspireer deur die feit dat baie lede van ons Boere-volk net aanvaar ons is in en deel van die nuwe Suid-Afrika. Dat ons deel uitmaak van die nuwe regering en hul stelsel.  Dat die mense ons geskiedenis verdraai, verkrag, en verkeerd interpreteer, word blindelings aanvaar.  Die geskiedenis word van die vroegste tye af gemeng met die "Big Bang" en Evolusie teorieë. Daarom glo die mense allerhande verdraaide en verkrampe nonsens.

Ek sal vir u uitwys dat daar nie miljoene jare is of was nie. Daar word o.a. gepraat van "tye" en "tydperke", wat na 'n lang studie getoon het dat hierdie konsep en benadering deur die Evolusioniste en Nuwe Era Bewegings [ook ander organisasies soos die Eliminati, van die Christelike kerke, gelowe en ander], begin en gebruik word om al hulle verdraaisels te verkondig en te staaf. As hulle nie die tyd en tydperke gebruik nie val al hulle teorieë plat. Die ergste van alles is, hulle het die Kosbare Woord van God by al hierdie gemors ingesleep, en sal vir jou enigiets opdis oor die sogenaamde "waarheid" wat hulle verkondig en propageer. Hulle raak ook heelwat aggresief as jy met hulle daaroor praat.

Mense ons het weggedwaal van ons Almagtige Skepper, dit het tyd geword om terug te keer na Hom. Die mensdom se bestaan is vanaf Adam tot nou toe en dit is plus minus 6000 jaar.

Net so terloops, ek het 'n paar jaar gelede 'n artikel gelees van 'n boer in Amerika wat 'n skaap geslag het, die dier begrawe het, en vir ses maande laat le het. Hy het die mense laat inkom wat die "carbon dating" doen en vir hulle gese dat hy gebeentes om sy plaas ontdek het. Hulle het gekom en bepaal dat die beendere 6 miljoen jaar oud is. Wat 'n belaglike getal. Hy het toe vir hulle gese hulle lieg want hy het die skaap geslag en self 6 maande terug daar geplaas. Hy wou hulle net verkeerd bewys. Daar is ook baie ander gevalle waar die buitensporige datering van gebeentes en ander ontdekkings gemaak word. Die feit dat Afrika aan die swart mense behoort, word gestaaf op evolusie. Maar ek sal vir u bewys dat die swart mense ongeveer 100 tot 150 jaar voor ons hier aangekom het, en dat hulle nie die hele Suid Afrika se grondgebied beset het nie. Daar is massiewe oop kolle waar die voortrekkers en verkenners geen lewe bespeur het of ontdek het nie. Ook is daar sekere gedeeltes in hierdie land wat ons oor gekoop het vanaf Dingaan en ander stamme, hierdie grond is ons eie grond en dit behoort aan die blanke boerevolk.

Hierdie web-werf sal al die geskiedenis dek vanaf die vroegste tye. Hierdie geskiedenis sal in twee dele gedeel word:

1. Vanaf Voor Christus tot 1600. Dit dek alles oor hoe die mense getrek het en waar hulle vandaan gekom het.
2. Vanaf 1652 tot 1994. Dit sal alles gebeure dek in en rondom ons Land Suid-Afrika.

Die vraag ontstaan altyd - "Wie was eerste hier?" U sal sien dat die grootste deel van die mense wat beweer dat hulle eerste hier was, nie die geskiedenis ken nie. Ek wil ook graag vir u uitwys dat alle feite uit die geskiedenis, geskrifte, geneem is soos aangeteken deur mense wat teenwoordig was by die trek, verkenning, ekspidisies, ens. Ek wil dit ook sterk onder u aandag bring dat ek nie glo in evolusie nie, geeneen van hierdie artikels is gebaseer op evolusie of die "Big Bang" teorie nie.

Hierdie artikels is gedoen en nagevors uit 'n Christelike oogpunt. Ek is ook nie bereid of van plan om enige politieke party of geloof se sienings hierby te voeg of in te werk nie. Daar is heelwat mense wat beweer dat hulle die Israeliete is en dat hulle die uitverkore volk van God is en ook dat hulle die 10 verlore stamme is. Dit is Britse Israelisme en het geen grond om op te staan nie. Daar is ook neigings van hierdie groepe wat beweer dat hulle die Israeliete is maar die Jode haat. Jy wat haat, sal die Koninkryk van God nie sien nie. Die Woord van God is ook geraadpleeg en ek sal verwysings uit die Woord van God aanhaal waar moontlik en sover ek kan.

Hierdie blad sal soveel as moontlik die ware gebeure neerlê soos dit werklik was en gebeur het, en aangeteken is deur die mense wat betrokke was by ons geskiedenis, die geskiedenis boeke, en geskrifte wat geskryf is deur die mense wat betrokke was by die verdediging, opbou en strukturering van ons Land.

Daar word ook net aanvaar dat ons saam met die vyand moet leef en alles opgee, prysgee en oorgee. Aanvaar wat hulle vir ons dikteer. Baie boere het tou opgegooi en gaan nou net saam met die stroom of imigreer na ander lande. Ek het besluit om hierdie blad te ontwerp en die ware feite, asook waarin ons glo oor te dra. Dit is nie nodig op net op te gee en alles te aanvaar nie. Dit is nie nodig om net jou kultuur prys te gee nie. Ek dank die Hemelse Vader dat Hy al hierdie fasiliteite aan my beskikbaar gestel het sodat ek die waarheid aan ons mense - Jonk en Oud - kan oordra. Onthou God is in beheer en ons moet terugkeer na Hom vir leiding.

 'n Lange studie het getoon dat ons mense, veral die jong kinders, geen idee het van wat eintlik gebeur het nie. U weet die interessante deel van alles is Bok van Blerk se De la Rey opname, jong kinders sê hulle kry hoendervleis en daar word iets diep binne hulle wakker gemaak en veroorsaak dat hulle na die geskiedenis van die boere gaan kyk, dit bewys dat ons wortel diep geplant is.

Ek het die volgende gevind deur mense te bestudeer en vrae te vra oor hoe hulle dinge sien en verstaan.

1. Ons Volk is besig om uit te sterf d.m.v. plaasmoorde, verkragtings, ens.
2. Ons Volk is besig om te verarm a.g.v. werkloosheid.
3. Ons Volk is besig om verdruk en onderdruk te word.
4. Ons Volk is besig om ten gronde te gaan weens 'n gebrek aan kennis. (Dit sluit die Woord van God en die Geskiedenis in)
4. Ons Volk word verwerp op alle vlakke, kultuur - besigheid - godsdiens - samelewing, ens.
5. Ons Volk is nie bereid om ons kultuur, taal, godsdiens, geskiedenis, voorouers, erfenis, ens., prys te gee nie.
6. Ons Volk moet hulleself bekeer en terugkeer na God die Almagtige Vader.

Is u bereid om alles weg te gee wat u voorouers so hard aan geveg en opgebou het?

Alles wat op hierdie blad bespreek / geplaas gaan word, is ongelukkig nie alles in Afrikaans beskikbaar nie, maar ek probeer my bes om dit soveel Afrikaans te hou as moontlik.

As daar enige artikels / inligting is wat nie honderd persent korrek is volgens die geskiedenis / geskrifte nie, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it my en ek sal dit so spoedig as moontlik hersien en korrigeer.

As u wel enige foute vind en wil hê ek moet dit regmaak, gee my asseblief die bron vanwaar u, u inligting gekry het. Daar is baie geskrifte wat die rondte doen wat nie korrek is nie. Dit is al so verander, verdraai om die nuwe regering te pas en te sê dat hulle die outjies is wat swaar geleef het. Dit word ook so verander en verdraai om te sê dat hulle eerste hier was en ons hoort nie hier nie. Hierdie hele toestand is soos 'n vrot appel, 'n toffie appel, met pragtige suiker bedekking om aan te smul, maar in werklikheid is dit vol wurms [Kommunisme] in engels [candy coated worms]

Last Updated on Tuesday, 03 August 2010 15:01
 
Template by Genesis Nova | Acheim Online © 2008 | CSS 2.1 | XHTML 1.0