Boervolk Geskiedenis

Afrikaner of Boer


Die debat – Afrikaner of Boer?

Ons het die voorreg gehad om die debat oor Afrikanerskap op RSG se program Monitor te volg. Opvallend van die radiostasie is sy keuse van kommentatore wat almal gewoonlik links van die politieke spektrum is. Hulle verg ‘n opmerking of twee. Danie Goosen se pa sal in sy graf omdraai oor sy seun se politieke standpunte, maar dit is seker wat die geleerdheid meebring.

Wat Van zyl Slabbert betref is sy enigste ‘claim to fame’ dat hy saam met ‘n swartetjie gemasturbeer het. Ek weet nou nog nie of die swartetjie hom geleer het en of hy die swartetjie geleer het nie. As hy dit vergeet het moet hy maar sy boek “The last white parlement” gaan lees. Ek kan goed verstaan dat hy nie ‘n Afrikaner wil wees nie want hy is so skeef dat jy hom met die galg sal moet reguit trek. Ons gaan nog baie van hom hoor maar hy is ‘n opperste vyand van die witman.

Wat die Boesaks betref – dit is nou die Kleurling, Allan met sy wit vrou Elna en albei ewe links – is dit so dat hulle deur middel van Radio Sonder Grense in baie van ons se kele afgestamp word met hulle linkse propaganda. Allan Boesak het egter met sy benadering oor die eksklusiwiteit of inklusiwiteit van die sogenaamde Afrikaner, die spyker op die kop geslaan. Dit het Danie Goosen se probleem duidelik geillustreer. Dit sal die dilemma van die “Afrikaner” in die nuwe bedeling vergroot want dit is duidelik dat Boesak wil hê dat die sogenaamde “Afrikaner” van alles wat hy glo hy het, sal moet afstaan en opgaan as ‘n verbasterde integrasionis wat nie weet waar hy vandaan kom nie en waarheen hy gaan nie. Dit is inderdaad wat die sogenaamde Afrikaner se voorland is. Opvallend is dat die intergrasioniste almal ‘n probleem het met Bok van Blerk se De la Rey, terwyl die liedjie net gaan oor ‘n Boer en ‘n Boervolk se stryd en versugting. Dan word “Afrikanerskap” sommerso sito sito ingegooi asof Boer en Afrikaner sinoniem is. Dit is die stryd wat vir ons lê en wag, dat ons diegene wat so behep is met hulle sogenaamde Afrikanerskap sal terugkry, by ware Boerskap.

Dit is eweneens, ‘n feit soos ‘n koei dat met die Vrede van Vereening daar nie op 31 Mei 1902 so ding soos ‘n Afrikanervolk bestaan het nie want ‘n volk moet grondgebied hê om te kan bestaan anders is hy ‘n etniese minderheid met die hiel van die veroweraar op sy keel om seker te maak dat hy weet waar sy knegskap lê. In daardie lig gesien is dit belangrik om die Boerskap in die regte lig te plaas. ‘n Boer is hy wat hom beskou as lid van daardie volk wat op 31 Mei 1902 sy vryheid verloor het; wat verbind is aan hulle wat in die konsentrasiekampe – 24 000 kinders en 3 000 vroue – deur die Britte vermoor is. Dit is ook hulle wat die vryheid van die twee Boererepublieke wil terug hê. Met ander woorde wat hom kan identifiseer met die Boervolk se afkoms, strewe en toekomsverwagting.

As daar ooit sprake kan wees van ‘n Afrikanervolk – en om volk te wees moet jy – by herhaling – jou eie grondgebied hê – dan was dit net van 31 Mei 1961 tot met die oorgawe van FW de Klerk in 1994. Afrikanervolk en Afrikanerskap is bloot ‘n politieke cliché om inhoud te gee aan die sogenaamde begrip van Afrikanereenheid.

Die Boerevolk is egter daarop aangewese om met die mense wat hulleself Afrikaners noem en wat wit is, te bly skakel omdat dit die enigste werwingsveld is vir die versterking van die Boerevolk en die herstel van sy vryheid binne die twee voormalige Boererepublieke.

Ek het geen probleme met die definisie van Boerskap van die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (BVR) nie. Die probleem is egter dat die BVR myns insiens dwaal oor die Boervolk se vryheidstrewe as hulle sê verkryging van onafhanklikheid binne ‘n “vrye en onafhanklike volkstaat”. Dit sal goed wees as hulle vir ons sal sê wat dit beteken. As hulle ‘n soort van ‘n Volkstaat wil hê – anders as die gewese Boererepubliek – moet hulle vir ons sê waar die Volkstaat tot stand gaan kom. As jy nie bereid is om onomwonde te sê dat die Boervolk se grondgebied is die twee Republieke wat teen die Engelse ten gronde gegaan het nie en nou weer herstel moet word, alvorens ons kan praat van die Boervolk, dan is jy met iets anders besig en is die volk in afwagting beslis nie die Boerevolk nie. Om enigsins krag te verleen aan die definisie van Boer moet ons terugkeer tot 31 Mei 1902 en daarvandaan weer ons vryheidstryd begin. Dit kan of wil die sogenaamde Afrikaners nie doen nie.

Piet Rudolph
Orde Boerevolk


Originally Posted by Administrator

Ek het geen probleme met die definisie van Boerskap van die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (BVR) nie. Die probleem is egter dat die BVR myns insiens dwaal oor die Boervolk se vryheidstrewe as hulle sê verkryging van onafhanklikheid binne ‘n “vrye en onafhanklike volkstaat”. Dit sal goed wees as hulle vir ons sal sê wat dit beteken. As hulle ‘n soort van ‘n Volkstaat wil hê – anders as die gewese Boererepubliek – moet hulle vir ons sê waar die Volkstaat tot stand gaan kom. As jy nie bereid is om onomwonde te sê dat die Boervolk se grondgebied is die twee Republieke wat teen die Engelse ten gronde gegaan het nie en nou weer herstel moet word, alvorens ons kan praat van die Boervolk, dan is jy met iets anders besig en is die volk in afwagting beslis nie die Boerevolk nie. Om enigsins krag te verleen aan die definisie van Boer moet ons terugkeer tot 31 Mei 1902 en daarvandaan weer ons vryheidstryd begin. Dit kan of wil die sogenaamde Afrikaners nie doen nie.

Piet Rudolph
Orde Boerevolk

Ek stem egter nie volkome saam nie, daar was n rede dat die Boervolk die 2de ABO verloor het.

Wat was die rede dat soveel kinders en vroue in die Hel kampe gesterf het, wat die Boervolk tot oorgawe gedwing het.

Was dit die selfde probleem wat ons vandag mee sit, verraad tussen ons eie mense.

Was dit dat God nie in daai oorlog geken was nie.

Ek dink die Boervolk moet verder terug gaan as die 2de ABO om die saak reg te kan stel.

Net n Boer.


Vryheid – toespraak van genl CR de Wet by Vereeniging 16 Mei 1902

In die geskiedenis van die wêreld was daar al groot en aangrypende toesprake deur groot manne wat op- en uitgestaan het vir hulle volk se vryheid. Trouens, wanneer ’n volk se vryheid , bedreig word of van hom afgeneem is, of hy reeds verslaan is, is dit dan dié momente wanneer die toestand die suiwerste uit enige mens sal kan haal. Ons volk het nie net ondergang in die Britse Oorlog in die gesig gestaar nie, maar ook totale uitwissing. Nog nooit was daar so ‘n wrede oorlog teen ‘n Volk gevoer, as wat die Britte teen die Boerevolk gervoer het nie. Watter beskaafde volk kan in twee jaar 24 000 kindertjies en 3 000 vrouens letterlik uitmoor in die naam van beskaafde oorlogvoering.

Die vernedering van Vereeniging het die room van die Boerevolk se krygsmanne bymekaar gebring om oor oorgawe te praat. Dit was in die herfs van 1902 met die winter op die Hoëveld reeds onverbiddelik in aantog. As die notules van daardie byeenkoms gelees word, voel ‘n mens ook die ysige hand van die dood in hierdie toesprake waar die oorgawe van ‘n volk sy beslag moes kry. Sommige het die oorgawe reeds aanvaar en dit in soveel woorde gesê. Tog was daar die enkelinge wat nie sou wou oorgee nie.

Toespraak genl De Wet

Om half agt op Vrydagaand 16 Mei 1902 kom genl CR de Wet as Hoof-kommandant van die Vrystaatse magte, op die been om te praat. Nou nog sien ‘n mens voor jou geestesoog die oë van die afgevaardigdes op hom en hoor ‘n mens dat die stonde van die tyd tot stilstand kom.

Genl De Wet sê: “Ek is van mening dat die omstandighede in die Vrystaat nie minder kritiek is as die omstandighede in Transvaal nie. Nege distrikte was absoluut geplunder maar, terwyl dit tydelik deur die burgers ontruim was, is dit nou weer in beslag geneem.

“As ek nou verskil van diegene wat van mening is dat dit nodeloos is om die oorlog voort te sit, moet dit nie gedink word nie dat ek nie respek vir hulle mening het nie. Allermins. Ek weet dat wat gesê is oor die haglike omstandighede van ons mense, maar al te waar is maar dit moet nie misgekyk word nie wanneer ek aan u uitwys dat dieselfde omstandighede aangeteken was in korrespondensie van die Transvaal wat by Reitz in die hande van die Britte geval het.

Weier om oor te gee

“Maar kom ons sê dat daardie feite korrek was, dan sal die Vrystaat nog steeds weier om in te gee. Laat my toe om reguit en eerlik vir u te sê dat na my mening is hierdie werklik ‘n Transvaalse oorlog. Dit maak egter nie aan my ‘n verskil nie. Vir my het die Vaalrivier nog nooit as ‘n grens bestaan nie. Ek het nog altyd gepoog om die “Nouere vereniging” te handhaaf en ek voel baie sterk oor die verpligting wat die twee state teenoor mekaar het. Hulle is twee verskillende volke maar hulle strewe is dieselfde.

“Wat is dan die heersende gevoel in die Vrystaat? Van die 6 000 burgers wat byeenkomste bygewoon het, was ek in bevel van 5 000 van hulle en ek kan met vertroue sê dat nog nooit 5 000 man was wat meer instemmig in hulle mening was, as die wat ek gelei het nie. Hulle het soos een man uitgeroep “Volhard, ons het alles om te verloor maar ons het dit nog nie verloor nie”.

Wat moet die antwoord dan wees? Ek is ernstig oortuig dat ons net een pad voor ons het. As ons nie kry wat ons vra nie dan bly alleenlik oor dat ons die lot verlig van hulle wat hulle nie meer self kan help nie. So goed soos ons kan. Ek het nog nie duidelikheid oor hoe dit gedoen moet word nie, maar ons moet ten alle koste aanhou om te veg. Wat was ons totale sterkte toe ons die oorlog begin het? In totaal 60 000 man. Teenoor ons het die Britte ‘n volle mag van 750 000 troepe gehad. Van hierdie Britse troepe was daar 250 000 of een derde, reeds in Suid-Afrika ontplooi. Ons weet uit ervaring dat die Britte nie meer as een derde kan stuur nie, en ons? Het ons nie steeds een derde van ons leërmag oor nie?

Gee niks weg nie

“Ek wil nie voorgee dat ek nie bereid is om iets prys te gee nie, maar ek sal deur niks oorgehaal word dat enige gedeelte van ons land en in ons gebied opgegee word nie. Dit sal nooit werk as ‘n Britse kolonie in ons midde tot stand kom nie. Want dan sal die Britte ‘n te sterk greep op ons land hê.

“Dit word gesê, en met ‘n mate van waarheid, dat die goudvelde vir ons ‘n vloek is. Maar daar is geen rede waarom dit so moet bly nie. Ek kan nie sien dat ons sonder die besit van die goudvelde die Republieke kan red nie. Swaziland kan miskien afgestaan word maar nooit die goudvelde nie.

Geen tussentrede

“Ek het die gevoel dat tussentrede buite die kwessie is, maar is dit nie ‘n bewys dat daardie einste toestand nie die wil van God is nie? Bewys dit nie dat Hy ons wil vorm – deur hierdie oorlog – tot ‘n volk wat sy naam waardig is nie? Laat ons dan buig voor die wil van die Almagtige.

“My mense sal dalk sê: ‘Ons generaals sien alleenlik die godsdienstige kant van die saak’ hulle is reg, sonder geloof sou dit dwaas gewees het om hierdie oorlog te begin en vir soveel maande te kon uithou. Inderdaad dit moet ‘n kwessie van geloof wees omdat die toekoms vir ons verberg is. Wat was die ken ons, maar dit wat in die toekoms lê is self buite die kennis van die wyste manne.

Kaapkolonie

“Die Kaapkolonie is vir my ‘n groot teleurstelling. Ek verwys nie na wat ons hier gehoor het nie, maar die feit dat ‘n algemene opstand nie in die Kaap plaasgevind het nie. Daarvan het ons van genl Smuts gehoor, maar al is daar nie ‘n algemene opstand nie, het ons nie rede om te glo dat ons volgelinge aldaar, minder geword het nie. Die klein kontingent aldaar was ‘n groot hulp vir ons omdat hulle 50 000 Britse troepe besig gehou het . As dit nie vir hulle was nie sou ons ook met daardie Britse troepe moes rekening hou.

Vrouens en kinders

“Ek het ‘n diep gevoel vir ons vrouens en kinders. Ek neem hulle haglike omstandighede in ernstige oorweging. Maar hulle lyding is van die omstandighede wat ‘n noodwendige uitvloeisel is van die oorlog. Ek het niks met die omstandighede te doen nie. Vir my is hierdie ‘n oorlog van geloof en daarom kan ek alleenlik oorweging skenk aan die groot beginsels wat hierby betrokke is. Omstandighede is vir my maar net hindernisse wat uit die weg geruim moet word.

‘As ons onsself as oorwonne beskou – as ons aan die vyand sou oorgee – kan ons min genade van hulle verwag. Ons sal dan die graf van ons Nasionale Onafhanklikheid gegrawe het. En soos dinge nou lyk, wat is die verskil tussen dit en die grawe van ons eie grafte?”

Vrylik vertaal uit die Engels soos vervat in die Engelse vertaling van genl De Wet se boek – THREE YEARS WAR – Scripta Africana – 1985. Kopstukke deur my voorsien om lees te vergemaklik –PJR Orde Boerevolk

Boere-edelmanne

Boere-edelmanne

– helde uit ons verlede

Die inset van Bok van Blerk rondom generaal De la Rey het die haas vergetelheid van ons Boeregeskiedenis ontruk en nuwe lewe geblaas in hierdie heroïese wapenstryd van ons voorsate teen Groot-Brittanje.

Die Anglo-Boere-oorlog is een van die skandaligste oorloë wat ‘n kamtige beskaafde volk, Groot-Brittanje, nog teen ‘n ander gevoer het en dit sluit die Tweede Wêreld Oorlog in.

Groot Brittanje het van die vuilste metodes denkbaar, gebruik gemaak om die Boerevolk te probeer uitwis. In ‘n rapsie van amper twee jaar het die moffies, Kichener en Milner dit reggekry om 24 000 kinders en 3000 vrouens te vermoor in hulle konsentrasiekampe,

Weens die Britse oormag was dit gou vir die Boere-aanvoerders duidelik dat langs die konvensionele manier van oorlogvoering wat die Boere nie geken het nie, hulle nie die Britte sou kon verslaan nie. Daarom het hulle oorgegaan tot guerilla-oorlogvoering wat hulle by uitnemendheid gepas het, want behalwe dat hulle die kuns verstaan het om van die veld af te lewe,was hulle skuts en ruiters van formaat wat die terrein geken het. Op hierdie punt sou die Britte beslis die onderspit gedelf het as hulle nie ‘n ander barbaarse metodiek begin volg het om die plaashuise af te brand, die landerye te verwoes en die veestapels te vernietig sodat die guerillas nie kos en skuiling kon hê nie. Boonop het die Britte van Boere-oorlopers en swart spioene gebruik gemaak en ook nie-vegtende kinders en ou mense wat steeds die Boere kon help, as krygsgevangenis na hulle oorsese kolonies gestuur. Menige krygsgevangene het ver van die Vaderland sy oë in die vreemde gesluit.

Hierdie oorlog het ten spyte van ‘n gebrek aan goeie internasionale kommuniksie aan die Boerekant, groot roem vir die Boerebevelvoerders gebring. Name soos Botha, De la Rey, De Wet, Hertzog en Smuts was op baie se lippe in die beskaafde wêreld. Selfs die deelname van die Boeregeneraals se vroue in die oorlog sou nie ongemerk verbygaan nie.

De la Rey

De la Rey sou nie net roem verwerf by Magersfontein waar hy loopgraafoorlogvoering sy beslag gegee het nie, maar hy het die Britte ook ‘n geweldige neerlaag toegedien. Tydens dié slag is ‘n groot aantal Britse offisiere, onder andere generaal Andy Wauchope ”die liefling van Skotland”, doodgeskiet. Treffendste egter was dat Lord Methuen ernstig gewond is by die Slag van Tweebosch en deur generaal De la Rey gevange geneem is. Hy is Klerksdorp toe geneem deur die Boere vir mediese behandeling. De la Rey sou ook ‘n spesiale begraafplaas op Lichtenburg laat inruim vir Britse gesneuweldes en dit word vertel dat hy op ‘n keer ‘n verkenner sou aangespreek het omdat hy op ‘n ongewapende Brit geskiet het.

Genl De Wet sou groot roem verwerf as guerilla-vegter en ‘n millitaris in murg en been.

Hertzog

Die heel treffendste egter is die verhaal van generaal Hertzog tydens sy inval in die Kaapkolonie. By Calvinia was die magistraat, ‘n Kaapse Afrikaner by name van Dam, deur die Boere afgeset. Die Union Jack wat ook die Kaapse vlag was is gestryk en die Vrystaatse vlag is gehys. Met die afsterwe van Koningin Victoria het dié afgesette magistraat, van Dam, generaal Hertzog genader en gevra om toestemming om die Union Jack halfmas te laat hang ter ere van die “afgestorwe Britse soverein”. Generaal Hertzog het sy toestemming gegee.

‘n Mens sou jou kon indink dat indien die posisie andersom was, wat sou gebeur het met die persoon wat by die Engelse gaan vra om toestemming gaan vra, vir die halfmashang van ‘n Vierkleur of Vrystaatse vlag ter ere van ‘n afgestorwe Boere president. So ‘n persoon sou aangekla gewees het van hoogverraad en miskien nog doodgeskiet gewees het.

Met die herbegrafnis van wyle President Kruger in Pretoria, het die Engelse bewind in Kaapstad, toestemming geweier aan Emily Hobhouse wat uit Engeland gereis het vir die begrafnis. Sy moes sommer by die Kaapstad se hawe terugdraai. Die Rietkerk in Pretoria waar die begrafnis sou plaasvind, is ook deur die Britte afgebrand en dr WJ Leyds, ‘n amptenaar van die ZAR, is ook toestemming geweier om die begrafnis by te woon.

Maar so is die Britte.

Dankie Bok, dat jy en jou mense weer vir ons ‘n deur na ons geskiedenis oopgemaak het. Ons eer jou en hulle nagedagtenis.

PJR Orde Boerevolk

 

294total visits,1visits today

Have any Question or Comment?

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Advertising