| EEN DRAGT MAAKT MAGT
Hierdie webblad is geïnspireer deur
die feit dat baie lede van ons Boere-volk net aanvaar ons is in en deel van die
nuwe Suid-Afrika [Die reenboog nasie]. Dat ons deel uitmaak van die nuwe regering en hul stelsel. Dat die mense ons geskiedenis verdraai, verkrag, en verkeerd interpreteer, word
blindelings aanvaar. Die geskiedenis word van die vroegste tye af gemeng met
die "Big Bang" en Evolusie teorieë. Daarom glo die mense allerhande verdraaide
en verkrampe nonsens.
Ek sal vir u uitwys dat daar nie miljoene jare is of was
nie. Daar word o.a. gepraat van "tye" en "tydperke", wat na 'n lang studie
getoon het dat hierdie konsep en benadering deur die Evolusioniste en Nuwe Era
Bewegings [ook ander organisasies soos die Eliminati, van die Christelike kerke,
gelowe en ander], [van die onderwerpe sal hier gedek word en ander sal op my
ander blad El-Roi gedek word] begin en gebruik word om al hulle verdraaisels te verkondig en
te staaf. As hulle nie die tyd en tydperke gebruik nie val al hulle teorieë
plat. Die ergste van alles is, hulle het die Kosbare Woord van God by al hierdie
gemors ingesleep, en sal vir jou enigiets opdis oor die sogenaamde "waarheid"
wat hulle verkondig en propageer. Alhoewel baie van die dinge wat hulle propageer tog waar is, is daar 'n 1 persent wat onwaar is, dit is hierdie een persent wat jou kan maak of breek. Onthou
een korreltjie suurdeeg versuur die hele brood of deeg.
Mense ons het weggedwaal van ons Almagtige Skepper, dit het
tyd geword om terug te keer na Hom. Die mensdom se bestaan is vanaf Adam tot nou
toe en dit is plus minus 6000 jaar. Hierdie getalle word baie duidelik in die Woord van God deurgegee.
Net so terloops, ek het 'n paar
jaar gelede 'n artikel gelees van 'n boer in Amerika wat 'n skaap geslag het,
die dier begrawe het, en vir ses maande laat lê het. Hy het die mense laat inkom
wat die "carbon dating" doen en vir hulle gesê dat hy gebeentes om sy plaas
ontdek het. Hulle het gekom en bepaal dat die beendere 6 miljoen jaar oud is.
Wat 'n belaglike getal. Hy het toe vir hulle gesê dat dit nie waar is nie, want hy het die
skaap geslag en self 6 maande terug daar geplaas. Hy wou hulle net verkeerd
bewys. Daar is ook baie ander gevalle waar die buitensporige datering van
gebeentes en ander ontdekkings gemaak word. Die feit dat Afrika aan die swart
mense behoort, word gestaaf op evolusie. Daar is ook bewerings dat alle lewe in Afrika begin het. Maar ek sal vir u bewys dat die swart
mense ongeveer 100 tot 150 jaar voor ons hier aangekom het, en dat hulle nie
die hele Suid Afrika se grondgebied beset het nie. Daar is massiewe oop
kolle waar die voortrekkers en verkenners geen lewe bespeur het of ontdek het
nie. Ook is daar sekere gedeeltes in hierdie land wat ons oor gekoop het vanaf
Dingaan en ander stamme, hierdie grond is ons eie grond en dit behoort
aan die blanke boerevolk.
Hierdie web-werf sal al die geskiedenis dek
vanaf die vroegste tye. Hierdie geskiedenis sal in twee dele
gedeel word:
1. Vanaf Voor Christus tot 1600.
Dit dek alles oor hoe die mense getrek het en waar hulle vandaan gekom het en waarheen hulle gegaan het.
2. Vanaf 1652 tot 1994. Dit sal alle gebeure dek in en rondom ons Land
Suid-Afrika.
Die vraag ontstaan altyd - "Wie was eerste
hier?" U sal sien dat die grootste deel van die mense wat beweer dat hulle
eerste hier was, nie die geskiedenis ken nie. Ek wil ook graag vir u uitwys dat
alle feite uit die geskiedenis, geskrifte, geneem is soos aangeteken deur mense
wat teenwoordig was by die trek, verkennings, ekspidisies, ens. Ek wil dit ook
sterk onder u aandag bring dat ek nie glo in evolusie nie. Geeneen van
hierdie artikels is gebaseer op evolusie of die "Big Bang" teorie nie. Daar sal wel melding gemaak word van wat hulle glo, net om te wys waar hulle aan hulle idees kom.
Hierdie artikels is gedoen en nagevors uit 'n
Christelike oogpunt sien El-Roi. Ek is ook nie bereid of van plan om enige politieke
party of geloof se sienings hierby te voeg of in te werk nie. Daar is heelwat
mense wat beweer dat hulle die Israeliete is en dat hulle die uitverkore volk
van God is en ook dat hulle die 10 verlore stamme is. Dit is Britse
Israelisme en het geen grond om op te staan nie. Daar is ook neigings van
hierdie groepe wat beweer dat hulle die Israeliete is maar die Jode haat. Jy wat
haat, sal die Koninkryk van God nie sien nie. Die Woord van God is ook
geraadpleeg en ek sal verwysings uit die Woord van God aanhaal waar moontlik en
sover ek kan.
Hierdie blad sal soveel as moontlik die ware
gebeure neerlê soos dit werklik was en gebeur het, en aangeteken is deur die
mense wat betrokke was by ons geskiedenis, die geskiedenis boeke, en geskrifte
wat geskryf is deur die mense wat betrokke was by die verdediging, opbou en
strukturering van ons Land.
Daar word ook net aanvaar dat ons saam met die
vyand moet leef en alles opgee, prysgee en oorgee. Aanvaar wat hulle vir ons
dikteer. Baie boere het tou opgegooi en gaan nou net saam met die stroom of
imigreer na ander lande. Ek het besluit om hierdie blad te ontwerp en die ware
feite, asook waarin ons glo oor te dra. Dit is nie nodig op net op te gee en
alles te aanvaar nie. Dit is nie nodig om net jou kultuur prys te gee nie. Ek
dank die Hemelse Vader dat Hy al hierdie fasiliteite aan my beskikbaar gestel
het sodat ek die waarheid aan ons mense - Jonk en Oud - kan oordra. Onthou God
is in beheer en ons moet terugkeer na Hom vir leiding.
'n Lange studie het getoon dat ons mense,
veral die jong kinders, geen idee het van wat eintlik gebeur het nie. U weet die
interessante deel van alles is Bok van Blerk se De la Rey opname, jong kinders
sê hulle kry hoendervleis en daar word iets diep binne hulle wakker gemaak en
veroorsaak dat hulle na die geskiedenis van die boere gaan kyk, dit bewys dat
ons wortel diep geplant is.
Ek het die volgende gevind deur mense te
bestudeer en vrae te vra oor hoe hulle dinge sien en verstaan.
 |
Ons Volk is besig om uit
te sterf d.m.v. plaasmoorde, verkragtings, ens. |
 |
Ons Volk is besig om te
verarm a.g.v. werkloosheid. |
 |
Ons Volk is besig om
verdruk en onderdruk te word. |
 |
Ons Volk is besig om ten
gronde te gaan weens 'n gebrek aan kennis. (Dit sluit die
Woord van God en die Geskiedenis in) |
 |
Ons Volk word verwerp op
alle vlakke, kultuur - besigheid - godsdiens - samelewing,
ens. |
 |
Ons Volk is nie bereid om
ons kultuur, taal, godsdiens, geskiedenis, voorouers,
erfenis, ens., prys te gee nie. |
 |
Ons Volk moet hulleself
bekeer en terugkeer na God die Almagtige Vader. |
Is u bereid om alles weg te gee wat u voorouers
so hard aan geveg en opgebou het?
Alles wat op hierdie blad bespreek / geplaas
gaan word, is ongelukkig nie alles in Afrikaans beskikbaar nie, maar ek probeer
my bes om dit soveel Afrikaans te hou as moontlik.
As daar enige artikels / inligting is wat nie
honderd persent korrek is volgens die geskiedenis / geskrifte nie,
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
my en ek sal dit so spoedig as moontlik hersien en korrigeer.
As u wel enige foute vind en wil hê ek moet dit
regmaak, gee my asseblief die bron vanwaar u, u inligting gekry het. Daar is
baie geskrifte wat die rondte doen wat nie korrek is nie. Dit is al so verander,
verdraai om die nuwe regering te pas en te sê dat hulle die outjies is wat swaar
geleef het. Dit word ook so verander en verdraai om te sê dat hulle eerste hier
was en ons hoort nie hier nie. Hierdie hele toestand is soos 'n vrot appel, 'n
toffie appel, met pragtige suiker bedekking om aan te smul, maar in werklikheid
is dit vol wurms [Kommunisme] in engels [candy coated worms]
|